Madame Julie bespreek, soos gewoonlik, 'n tafel vir twee Sy arriveer om twaalf, soos gister en eergister Net Roberto weet, sy sal alleen eet Hy ken die roetine, en doen hoflik mee Dis nou twintig jaar, dat hy haar by tafel, dertien bedien Sy hoef nie te vra nie, hy's dadelik by met twee glasies wyn Met haar rug na die straat, sal sy begin praat Met die man wat net sy, en Roberto kan sien En die klante kom, die klante gaan En die tyd stap aan, die tyd stap aan Maar vir Madame en Roberto, sal die klok teen muur Altyd op twaalf uur bly staan Altyd op twaalf uur bly staan Instrumenteel In die tyd, toe sy bloesend en blond was En haar minnaar sterk, en gesond was Het hul liefde gedy, en alles was moontlik Al was hul passie, vir preutses afstootlik Die elite kon skaars hul weersin verberg As Madame arriveer, aan die sy van haar dwerg Maar vir haar was hy alles, haar dag en haar nag Sy't haar min gesteur, aan mense wat lag En die klante kom, die klante gaan En die tyd stap aan, die tyd stap aan Maar vir Madame en Roberto, sal die klok teen muur Altyd op twaalf uur bly staan Altyd op twaalf uur bly staan Maar die noodlot het tipies, alles verbrou Hy het gesterf, sy het bly leef En Madame bly verlore, effe mal en beskore Om vir altyd haar klein generaal te laat leef La la la la la La la la la la La la la la la la la la la la En die klante kom, die klante gaan En die tyd stap aan,ja, die tyd stap aan Dadadaai da daai dadaai da daai Dadadaai da daai, die tyd moet aan