Ek was lank in die woestyn Sonder water, sonder wyn Met 'n honderdduisend duiwels aan my sy En almal het gesê Sy't uiteindelik gaan lê Vir haar is alles nou verby Maar ek het stadig teruggeloop Krom gebuk en afgestroop My spore lê soos woorde in die sand En soos Jona ingesluk Uitgespoeg en reggeruk Word ek wakker in 'n helder nuwe land Word ek wakker in 'n helder nuwe land Jy kan my breek Jy kan my slaan Jy kan my sê dat ek moet gaan Vat my hoop, vat my bloed Vat my laaste druppel moed Ek sal staan Bring die wind Bring donderweer Bring die heelal om my neer Ek sal staan Ek sal staan, jy kan maar lag Ek sal staan, stuur maar die nag Maar ek sal staan