AWA

Vrou By Die Spieël (Edit)

0
0
  • 2005.01.15
  • 2:46
AWAで聴く

歌詞

Sy sit by die venster, Staar na die park Die tyd het diep kepe om haar vol mond gehark Sy hoor die sirenes - sy weet dit word laat Sy bly nogtans wakker, en kyk af na die straat 'n TV blêr langsaan sy staan vinnig op Uit haar stoel by die venster Sy skink nog 'n dop Die park lyk verlate, Van waar sy hier staan En hoog in die bome hang 'n geel sekelmaan En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A. Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay Staan strak in die maanskyn soos bakens van lig Sy raak aan haar wang Glimlag en sug Sy stap na haar kamer, Gaan staan voor die spieël Sy trek stadig uit, dis 'n ou ritueel En nakend bekyk hul Mekaar vir 'n uur Die vrou met die boggel En die vrou teen die muur Dit voel of sy lig word Sy droom sy kan vlieg Sy tol in die rondte, Laat die spieël vir haar lieg Sy lig eers versigtig haar regterhand hoog En dan volg die linker met 'n sierlike boog En stadig verdwyn die gedrog op haar rug En sy dans soos 'n vlam oor die vloer Deur die sitkamer, die badkamer, op die balkon Waar die maan oor die park vir haar loer En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A. Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay Staan blink in die maanlig soos tempels van hoop En sy dink, 'Ek sal môre 'n rooi rok gaan koop' Sy dink, 'Ek sal môre die rooi rok gaan koop'

このページをシェア

Amanda Strydomの人気曲

Amanda Strydom
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし