AWA

Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar

Track byKoos Kombuis

0
0
  • 2008.07.01
  • 4:09
AWAで聴く

歌詞

Sestien jaar, ‘n rock-n-roll Zombie, babbelas en bot in ‘n boot van ‘n kombi Op ‘n plak en Oppikoppi, stad kappe Stellenbosch vir sewe sikkels silwer en ‘n bord vol kos Onthou jy nog vir bongo Jerrie, dink jy nog aan Nick, en Dapper Jannie, Dagga-Dirk en Valiant en Piet? L'Amour was die koning op die lead kitaar, maar Gawie was gekroon as casanova van die jaar Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar? In die begin was ons min, maar ons wil was sterk om vir die god van Rock-n-roll en vir sy kerk te werk Die wapad was ons woning, die sterre ons plafon, ons het getokkel en gesing vir ons plekkie in die son Tussen ‘n muur en ‘n skuur en ‘n hoender battery, langs ‘n wingerd en ‘n dam het ons verniet gebly Ons kon droom, ons kon dig, ons was honger, ons was maer, die toekoms was verseker in ‘n daggablaar Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar? Roekeloos in Rockystraat, desperaat in Dorpstraat, lippe oppie klippe met ‘n sukkelende clutchplaat Die bakkie het gehou, maar ons gô was uit, toe breek ons maar ‘n venster in vermaaklikheid Doobies op die dashbord, klippe in die pad, Bowie op die boombox, sit hom in rat Watter kant is Worcester, waar is die bar? Piele op die wiele al vir sestien jaar Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar? Dit was die koudste winter ooit daar langs die Hennopsrivier, dit was die nag van die diktator, die uur van die dier Piet Retief is vooruit om vir die Kakies te loop sing, ons het gewag vir De la Rey om die tyding te bring Met Ouma Smuts op die wakis en Smuts aan die stuur, was die oorwinning my Magaliesberg van korte duur Die producer het gesweet, maar die drummer het geweet, die platemaatskappy gaan ons vir breakfast eet Dop in die kop, van die wal in die sloot, beskinder in De Kat en in Die Huisgenoot Die porters op die lughawe het vliee in die salf, kom ons bel die Vrye Weekblad, kom ons moan oor Ralph Double-Cross en treachery, leuens en verraad, nog ‘n toer in sy moer, nog ‘n gat in draad Nog ‘n selfmoord in die Sirkus, nog ‘n band in gevaar, nog ‘n rondte, Brandewyn vir almal in die bar Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar? Weet ma hoe lank is sestien jaar?

このページをシェア

Koos Kombuisの人気曲

Koos Kombuisのアルバム

15曲2008年
13曲1985年
Koos Kombuis
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし