Stompsinnig weggedraai van my so beplande lewe Die beeld breek die reëls om die eed te seel In 'n preutse wysheid in... My sindikaat Gestig vir niks Ek word beraad Deur die fiktiewe klug wat uit my bestaan Die rede vir my keuse word deeglik deurgedink In my sindikaat Konflik vorm 'n kruit Dis hoe ek met myself praat Onnosel opgetree om 'n punt te maak Teleurstellend verwyder in... My sindikaat Gestig vir niks Ek word beraad Deur die fiktiewe klug wat uit my bestaan Die rede vir my keuse word deeglik deurgedink In my sindikaat