Meeue, oor die kaai En die deining wieg, soos die winde waai Lewens, vryverklaar As die vlerke sprei, en die tyd invaar Reise, onbeplan Onbewus, van die doel daarvan Kompas, in die hand En 'n vasteblik, op 'n verreland Seemeeu neem my saam Na waar jou reise, ook heen mag gaan Seemeeu neem my saam Daar waar ek vry kan asemhaal Daar waar die leweskanse draai Seemeeu neem my saam Sirkels, in die son En ek sou ook vlieg, as ek maar net kon Drome, is my vlug En ek reis so vêr, op 'n droom se rug Seemeeu neem my saam Na waar jou reise, ook heen mag gaan Seemeeu neem my saam Daar waar ek vry kan asemhaal Daar waar die leweskanse draai Seemeeu neem my saam Meeue, oor die kaai En die deining wieg soos die winde waai Lewens, vryverklaar As die vlerke sprei en die tyd invaar Seemeeu, neem my saam Seemeeu, neem my saam